Om op die Platteland te bly het verseker sy nadele, ons leefstyl het ‘n kwaliteit wat moeilik is om te verduidelik en mens moet self dit beleef om dit te kan begin verstaan

Ons is natuurlik baie bevoorreg om reg deur die jaar ons eie vars produkte te he. Melk, groentes, en TUISGEBAK!!

Sommige van die perskes waarvan julle gelees het in Perske tyd word in Marietjie se kombuis geliefkoos tot die wonderlikste ingelegte perskes en stroperige perske konfyt.

Meeste van julle sal met my saamstem, dat tuisgebakte produkte net soveel beter proe as geprosesseerde produkte. Vat nou maar ‘n spinasie tert wat gemaak is met vars spinasie uit jou tuin (sonder gifstowwe) en ‘n spinasie tert wat gemaak is van gevrieste spinasie of nog erger, daardie spinasie tert wat mens koop wat reeds gevries is? Of Vye konfyt wat tuis gemaak is en die wat jy in ‘n blikkie koop? En die lys gaan aan en aan.

Ons probeer so ietsie van die lewensstyl aan ons gaste bring deur ons Plaas Deli. The Oven is nie jou tipiese Deli wat jy in die stad sal teekom of op toeriste dorpe nie, heirdie is die ware Jacob. Elke item is met liefde in ‘n plaaskombuis gemaak en nie in massa vervaardig nie en daarom is die smake soveel ryker.

Marietjie is aan stuur van sake by The Oven en sy is op haar heel gelukkigste met haar hande in koekie deeg of om voor 5vm op te staan en koeksisters te bak vir gaste.

Gaan loer gerus by http://ribbokkloof.co.za/the-oven/ en sien vir jouself hoe keurig die items is!

Onthou, om te bestel, want elke bestelling word vars gebak!

En moet nie vergeet om die Plaas brood te probeer nie!!!

Ek het al begin dink dat hierdie afdeling van Ribbokkloof wat ook al die spyseniering behartig tydens troues nie eerder Die voerkraal moes heet nie!! Onthou, hierdie gebak word net met die vaste bestandele gemaak, so beskikbaarheid hang van seisoene af. Hier is so bietjie van haar Marietjie se handewerk!

Check out other posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post comment