Winter maande in die Hoëveld het ‘n bekoring soos min ander dele. Gunsteling plekke kry sommer ‘n heel nuwe baadjie. Vroeg oggende lyk nie net kraakvars en helderder nie, maar dit word menigte oggende omskep in ‘n sprokies wêreld van skitter. Sonopkoms en skemer tyd sorg vir ‘n heel ander skouspel en laat mens sommer so warm in jou binneste…
Dis die dat ons gereeld hierdie twee eiwerige natuurliefhebbers en amateur fotograwe by Ribbokkloof sien kuier het gedurende die winter maande…
Ons het bietjie met Hennie en Ester Snyman gesels.
Vertel n ietsie oor julle self?
Ons is Tans Vrywillige Veldwagters vir SANDParks en Amateur vryskut fotograwe, ons is pensioenarisse en ons is baie lief vir die stilte en mooi natuur en plaaslewe.
Wanneer is die 1ste keer wat julle Ribbokkloof besoek het?
Junie 2016
Waar het julle van Ribbokkloof gehoor?
Op die Internet het gesurf vir ‘n rustige en stil vakansie plekkie.
Watter chalet is julle gunsteling?
Tolbos. Hy is baie ideaal vir net 2 mense en hy is ‘n lekker cozy huisie. Tolbis is ook effe hoog geleë en lekker privaat. ‘n Mens kan omtrent alles sien vanuit sy deur.
Watter tyd van die jaar is vir julle die lekkerste by Ribbokkloof en waarom?
Winter maande. Ons is Wintersmense. Wat is lekkerder as om, om die kaggelvuur te sit en kuier of selfs indie bed te lê en TV kyk of boek te lees met die kaggel vuurtjie wat brand. Met die doodse stilte buite dis mos die lewe.
Wat is die lekkerste ding vir julle om te doen by Ribbokkloof?
Om te stap en fotos te neem en die ou murasie huis te gaan besoek.
Vertel iets interessants/snaaks/onvergeetlik wat julle onthou, of wat gebeur het by Ribbokkloof?
Wat vir ons wel onvergeetlik lekker is, is die gasvryheid waarmee ons ontvang word en Marietjie se lekkerrrrrrrrrrrrrrrrr boere melktert en heerlike koeksister en brood wat gebak word op spesiale aanvraag. Dan ook die Kerkie vir troues en die Kersetes. Die Dam by die kamp area onder indie vallei lyk soos ‘n hart as hy nie vol is nie. Awesome
Hier is ‘n paar van Hennie en Ester se gunsteling fotos van hulle kuiertjies by Ribbokkloof