Vrydag middag is die tyd wat daar ‘n gesels en ‘n geskarrel word in die Ribbokkloof ontvangs kantoor. Daar is altyd twee scenarios wat jy sien:

  1. Baie moeë motoriste wat die Gautengse verkeer én die Stoffbergpad verkeer moes trotseer, staan in die kantoor absoluut deurtrek van spanning. Werk spanning, bestuurspanning en baie kere spanning met die “navigator” in die passasiersitplek en hulle is nie lus vir geselsies nie. So terloops, dit was altyd vir my die mees interessantste dinge om te sien hoe hulle ‘n gedaante verwisseling ondergaan na een soete nagrus in die Kloof. Saterdag oggend is dit ‘n heel nuwe persoon wat voor jou staan! Hierdie nors gaste, want ja hulle kan baie kortaf en baie nors raak, het my altyd laat glimlag, so geheimsinnige glimlag wat sê, jy sal sien, wag maar! My mond het gesê, julle gaan aangenaam verras wees.
  1. Gaste wat so opgewonde is hulle kan nie ophou gesels nie!

In beide scenario’s het die gas op sy manier boekdele gekommunikeer, terugvoering gegee sonder dat hulle dit eers weet.

Wanneer die nors moë gas die volgende oggend kom hout koop en mens sien sommer hoe ontspanne hulle is, dan weet jy dat alles goed gaan daar in hulle omgewing van die Kloof. Meeste van die tyd ontaard hulle dan ook in die geselserige gas wat oor alle aspekte van die boerdery uitvra. Meer oor die boerdery in ‘n later plasing.

Die tweede soort, die wat lekker gesels soos ou vriende, vertel jou presies wat hulle verwag en waarna hulle smag en dit is juis hier waar ek baie keer verneem het van die vroue, dat hulle Ribbokkloof se dam verkies want dit is nie net ‘n plek vir visvang nie. Ja die hele gesin kan lekker saam visvang, maar daar is ook iets te doen vir die wat nie die hele dag langs die viswaters wil spandeer nie. Daar is ‘n lys van aktiwiteite by Ribbokkloof!

Swart baar hengelaars was top aan my lys van gemaklike gaste. Hulle is van die mense wat die natuur so geniet en hulle het my al baie lus gemaak om self te begin visvang! Ek het toe bietjie gaan kyk, as jy soos ek net mooi niks van visvang weet nie, hoe om te begin.

Die eerste webwerf wat ek besoek het http://www.bassmaster.com het my sommer dadelik laat terug keer na my perd! Showjumping met ‘n 500kg dier met sy eie wil het ewe skielik na ‘n baie makliker tydverdryf gelyk as al hierdie knope wat mens moet aanleer om te maak en tipe hoeke wat mens moet kies!

Hoe begin jy?

Ek het verder gaan delf en op die webwerf http://www.bassresource.com afgekom met baie oulike youtube video’s en ook raad wat vir my sin gemaak het. Volgens Donvan Welsh moet mens in Kleiner damme begin en ervaring optel met ligter stokke sodat jy in voeling is met die vis. En na ek die artikel gelees het weet ek ook nou wat is groen spinnerbait (die visse in Ribbokkloof se dam is bleikbaar mal oor dit)

Gaan jy iets vang?

Swart baars hou van wegkruipertjie speel, so as jy hulle vind sal jy hulle vang. Kyk vir ou formasies of stompe in die water die visse sal gewoonlik daar wees.

Met hierdie navorsing gedoen het ons die naweek afgesak na ons naaste visvang plek. Hierdie keer was dit nie die Ribbokkloof dam nie, maar die grote Rio Save rivier in Mosambiek!

Met die kennis wat ek opgedoen het in die visvang blogs noem ek dat mens in klein damme moet begin, maar ons doen mos altyd alles so bietjie anders as die norm. Ek, my man, 4 jarige en 2 jarige het die bakkie gepak, lekker musiek aangesit en ‘n bospad geneem na bure wat gereeld in hierdie waters kurpers en tiervis vang. Tiervis is mos nou ook ‘n roofvis so dit kan nie te anders wees as die swart baars nie!

Vroeg oggend kom ons met groot opgewondenheid daar aan en die inboorlinge verseker ons ons moet met wurms vang. Ek was natuurlik dadelik “uitgefreak” want die wurms gaan seer kry! Dit was die minste van my bekommernis!

Ons het ‘n paar kilometers met die kleuters en visstokke geloop om die ideale plek te vind! Ag en ek herken toe dadelik waarom! Daar moet lekker natuurlike wegkruip plek wees! Die natuurlike hindernisse is ook om ons te beskerm want daar sien ons toe  krokkodille aan die oorkantste wal lê en bak!!! Uitgefreak nr 2!! Maar ek wil nou nie ‘n nat kous wees nie en daar is net te veel klippe vir die krokkodille om ‘n aanval te loots het die inboorlinge ons verseker. Hulle van daagliks in hierdie waters.

Baie gou was ons almal se aandag op “cast” en in katrol en die gesiggies van opgewondheid was omtrent ‘n plesier! Dit was nie lank nie of ek was versot op hierdie storie!! Klein Wessel het sy eerste vis (‘n kurper) gevang en toe nog een en toe nog een en my man een of ander ander groot vis.

Ek kan heeltemal verstaan waarom mense so versot raak oor visvang! Dit was ‘n wonderlike familie dag. Buite, in die natuur!!

Hierdie somer gaan jy ons gereeld langs die dam kry! Gewapen met groen spinnerbait opsoek na die lekker wegkruip plekke en ‘n son sambreel. Dit is mos nou die perfekte resep vir groot opwinding!

Onthou asb om nie vuur te maak langs die dam nie, vure is ‘n baie groot gevaar op plase. Bring gerus jou gasbraaier of pak ‘n lekker piekniek mandjie en kom geniet die water, die son en die hoëveldse horison!

Sien jou by die dam!

nog n dammetjie op die plaas

Check out other posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post comment