Give a girl the right pair of shoe, and she can conquer the world – Marilyn Monroe
Vir my is dit baie maklik om te sê trek aan wat jy wil. Daar is nie druk op my nie. Daar is áltyd druk op ‘n bruid…. Sy kan eenvoudig net nie bekostig om ‘n voetjie verkeerd te sit nie. Die vraag is net, hoe gemaklik mag daardie korrekte voetjie wees?
Fotograwe lewer baie maal kommentaar op hulle blog’s oor die detail wat by die troue teenwoordig was en die detail waaraan die bruid gedink het, soos bv haar of sy of die gevolg se skoen keuse. Skoene is absoluut die afronding van al hierdie detail! Skoene sê ook baie meer van ‘n persoon as wat ons dink…
Deur die jare was daar al ‘n paar mode giere onder die rok se soom en ‘n maklike oplossing om by ons dansende nasie aan te pas, was om ‘n paar skoene vir die seremonie en fotos te hê en ‘n tweede paar vir die onthaal… of om dan sommer kaalvoet verder te gaan – nie ‘n opsie wat in my persoonlike smaak val nie. Dan eerder blase, dankie!
Maar hoe kies jy nou die regte paar skoen vir die geleentheid?
Die internet is natuurlik vol kriteria vir skoene vir die groot dag. Baie praktiese, goeie raad, soos kies ‘n skoen wat by die venue gaan pas, ‘n skoen wat jou uitrusting komplimenteer, ‘n skoen wat jy heeldag kan dra en ons absolute gunsteling:
Kies ‘n skoen wat by jou persoonlikheid pas! Dit is so lekker om te sien!! Die mode is nou, moenie die mode volg nie, dra jou eie unieke styl!
Onthou, mense kyk nie net hoe die skoner geslag geskoei is nie….
Sien die geleentheid as ‘n belegging. Spandeer maar daardie ietsie ekstra aand die paar skoene. Anders as jou rok is dit dalk iets wat jy vir nog ‘n hele rukkie sal kan dra!!
Lekker skoene pas!!