Ek is absoluut in die verkeerde era getroud, ‘n era waar alles rond, hoog en formeel moes wees. Ek het so uit my vaarwater gevoel dat ek nie die kerk wou in nie. Ek het vir my pa gesê, jaag al die mense uit die kerk uit, dan sal ek ingaan. Die rok was vreemd, die skoene was vreemd, al die prag en praal was vreemd!! Al wat ons geniet het van ons troue was die foto sessie. Dit was op ‘n plaas tussen perde…. Daar waar ons gemaklik voel!
Ek dink baie daaraan dat ek en my beesboer man baie gemakliker sou wees op ‘n berg, of tussen bome, selfs langs ‘n dam! Die onthaal sou perfek gewees het in my pa se trekkerstoor al het hy nie sement vloere gehad nie. Ons is immers veld mense, plaas mense, gemaklike mense… maar nou ja, 12 jaar terug was die tendens maar baie “stuck-up” en as ek die idee opper van ‘n stoor onthaal het my ma net na haar asem gesnak en gesê die VLU doen nie meer spyseniering nie en sy gaan nie kos maak vir 250 mense nie!!
Vandag is dit soveel makliker. Doen dit self troues is aan die orde van die dag. Daar is legio venue opsies om hierdie Plaas troues ‘n realiteit te maak al het jou familie al jare lank nie meer ‘n plaas nie.
Die Bonsmara stoet (www.gelykwater.co.za & www.toro-ranch.com) het so uitgebrei dat ons besluit het om ‘n lokaal te bou vir ons jaarlikse Produksie veiling en hier het ek my kans waargeneem en almal betrokke oorreed om dit nie net nog ‘n stoor te maak nie, maar ‘n stoor met Pezaz! Daar moes kandalare wees en groot vensters en ‘n stoep! Die plaas het die mooiste uitsigte en maak nie saak waar jy staan nie, daar is ‘n uitsig wat jou na jou asem laat snak! Maar soos dit maar nou eenmaal op ‘n plaas gaan, is de veilings lokaal ook gebruik om suikerbone in te stoor en van daar die naam The Sugarbean!
Om Plaas troues by Ribbokkloof (www.ribbokkloof.co.za) te hou was altyd een van my drome…. Hulle sê mos dat jy altyd vir iemand ‘n geskenk gee wat jy graag self sou wou gehad het… ‘n Trou venue wat in werklikheid steeds deel van ‘n kommersiële plaas is, so daar is trekkers, daar is beeste, perde, skape, ganse, perske boorde…. Alles wat jy met ‘n plaas assosieer is daar. Nader aan die ware Jacob gaan jy sukkel om te kry.
Ons wou ‘n venue vir Plaas troues hê waar die bruidspaar Vryheid het om hulle uniekheid uit te leef… nie een troue by Ribbokkloof is dieselfde nie.
Rustic, sheer sjiek, farm sjiek en al daardie “fancy” Pinterest woorde kom hier tot hulle volste reg!!
Ek hoop julle elkeen geniet hierdie reis saam met die dinamiese span van Ribbokkloof! Hier is heeltyd vernuwing en verbetering aan die gang. Ons is plaas mense, harts mense, en ons nooi julle uit om te kom kyk waarmee ons alles besig is!
![](https://ribbokkloof.co.za/wp-content/uploads/2018/10/P1150489-Copy.jpg)
-Hou die spasie dop!!!-