Ek het al baie lank telefonies met Schalk gepraat oor boerdery en ek het vir Schalk gesien beeste aflaai en wanneer mens iemand so met beeste sien werk kry mens ‘n redelike idee wie hierdie persoon is en ek het daar langs die bulkende koeie gehoor van sy vrou wat hom wéér kansel toe sleep…. Kyk en dit het my nuuskierig gemaak!
Die naweek van die funksie breek aan en ‘n borrelende blondine fladder die kantoor binne… en ek sien haar, perfek, langs die Schalk wat ek langs die beeskraal ontmoet het staan in my geestesoog. Ek kon nie die glimlag keer nie, Hierdie is mooi en hierdie gaan ‘n mooi geleentheid wees.
Min het ek geweet van hulle 7 sakke sout en dat hierdie hernuwing van hulle huweliksbeloftes veel mooier is as wat dit op die oppervlak lyk…. Zillika het al vir 9 jaar MS en dit was vir my opvallend hoe sy voluit alles doen…. Wat ‘n voorbeeld! Hierdie was ‘n fees ter ere van 2 mense wat al baie moes deurwerk en saam oorkom.
Net soos vele ander is Schalk en Zillika op ‘n vroeë ouderdom getroud, mens is jonk en verlief en sien dinge in ‘n heel ander perspektief as wat mens ouer en meer ervare is. Dinge wat vir jou toe baie belangrik was is nou nie eers ‘n prioriteit nie en daarom is geleenthed soos hierdie so spesiaal… ‘n wyser, slimmer, meer ervare, verlief en baie meer Lief, paartjie staan hand aan hand en versterk hulle belofte….
Kom ons wees nou maar eenmaal met mekaar eerlik. Meeste beny julle wat ‘n tweedekans saam met jou eerste keuse kry!
Hier is ‘n paar goeie redes waarom mense hulle huweliksbeloftes hernu:
Jy geniet die dag veel meer…..Nie dat paartjies nie hulle troudag geniet nie, ek en my man het ‘n absolute fantastiese dag gehad, maar dit was so vinnig verby!! ‘n Hernuwing seremonie is meer ontspanne en daar is minder verwagtinge wat gekoester word.
Dis meer ontspanne. Die druk is soveel minder…. Ek onthou ek het gevoel jy het net hierdie een kans en alles moet perfek wees!! (dit is die teelgrond vir Bridzillas!!!)
Dis vars in jou geheue. Hoe langer mens getroud is, hoe meer gewoond raak mens aan mekaar. My man spot altyd en sê ek het mos toe ons getroud is vir jou gesê ek is lief vir jou, ek sal jou in kennis stel as daar iets verander! Dan lag ons lekker, maar tog is jou liefde vir mekaar iets wat mens op ‘n gereelde basis moet herdenk en vier. Dis moeilik om daardie gevoelens te herroep of weer te ervaar van ‘n pasgetroude paartjie. Soos jou verhouding deur seisoene gaan, is dit makliker om vas te hou aan ‘n onlangse geleentheid waar mens jou liefde aan mekaar verklaar as een wat 15 jaar terug. (My man sal sê hierdie is nou absoluut ‘n vrou se siening!)
Jou huweliksbeloftes is meer geloofwaardig. Daar is ‘n rede vir die Afrikaanse spreekwoord: Trou is nie perde koop nie…. Paartjies het nie die vaagste benul waarin hulle, hulself begewe nie en daarom as jy jou huweliksbeloftes vir 2de of 3de mal hernu, dan voeg jy letterlik die daad by die woord en wat se mooi voorbeeld is dit nie vir ons kinders nie!!
Schalk en Zillika, baie geluk met hierdie besluit! Baie sterkte met julle seisoen waarin julle nou is, mag die somers lank wees en die winters kort!
Sal jy jou huweliks beloftes hernu?