Daar was eenmaal , nie te lank terug nie die pragtigste Jool koninging by die toe, RAU wat in een van haar verhoog antwoorde die antwoord gegee het: “Geel perskes, sappige geel perskes” en met haar hand verwys na ‘n groot geelperske wat haar hand sal vol lê.

Ek kan nie onthou wat die vraag was nie, maar haar antwoord het my laat plaas toe verlang en ek is sommer daardie naweek vir die Sondag huis toe om myself te gaan verloor in die perske boord. Al smullende het ek gewonder hoe groot die inpak van hierdie vruggie nou kan wees? Het ek toe maar geweet!

‘n Onlangse kuiertjie by my ouerhuis (so 8km van Ribbokkloof se lieflike perske boord) kom die handgeskrewe gedig uit die ou leêr kabinet.

Perske tyd

Ons belewe nou `n tyd van vrugtevreugde.

Van verskillende soorte perskes met smake en deugde.

Dis Oom Sarel, die Proffies en Kok se taaipit

En sommer baie waarvan die pit lossit.

Ek struikel en val oor name soos Walgant, Sunray, safari Swellengrebel en Boland.

Dis Goldmine. Marina, Wainwright en Dawn Keimoes, Tokane, Lippiat en Orion.

Maar as ek so aan die duisternis name dink dan is daar net een van almal wat na my wink.

Dis die Transvaalse gele met sy geurige sap wat `n mens laat eet dat dit oor jou kin tap.

Ag hoe lekker nostalgies!

Ribbokkloof omgewing was perskes nog altyd sinoniem met die Lighthelm boorde, vanaf Middelburg tot op Stoffberg is daar kort-kort ‘n smous langs die pad wat geelperskes uit emmertjies verkoop… ek was maar nog altyd bietjie sku vir dié perskes en het maar gewag tot ek by my eie boord daar op Ribbokkloof kan kom. Die perskes was soms bietjie deur hael gepiets en ander seisoene lê hulle my hele hand vol. Ek en my perd het gereel na ‘n rit deur die chalet-kamp gaan “afkoel” in die boord en dan van boom tot boom gewei af stalle toe…. Soos my oom sou sê:”jouself in ‘n geelperske cholera in eet” Langs Wilger staan ‘n bewys van ‘n perske wat geëet is oppad Kloof toe! Wie kan daardie persoon nou kwalik neem?

Geel perskes is nie net lekker vir my smaak sintuig nie, dit was ‘n baie groot deel van die draaipunt van Ribbokkloof se bestaan. Ons het vroeg oggende perskes geoes met ‘n missie wat aan niemand verduidelik kon word nie. Daarna is ‘n Land Cruiser swaar gelaai met perske kratte en ou staatmaker Johannes saam Middelburg SADC straat toe en daar is perskes gesmous. Ons het die note en die sente een vir een, oor en oor getel todat ek en my ma genoeg perskes vekoop het om beddegoed vir die chalets te koop! Sien ons wou iets bewys en dit self doen! Gaan kyk gerus na die chalets Chalets

Die bestelling was te groot om dit via die internet te doen en ons is verwys na ‘n tak in Benoni of die tak by die Lifestyle centre in centurion…. Wat ons gedink het weet ek vandag nog nie, maar ons is met ‘n Prado en ‘n koevert met perske geld stad toe. Met die aankoms by Volpes in Centurion het die bestuurder wat semi voorbereid vir die malligheid was ons in sy kantoortjie genooi en die transaksie beklink. Groot oog het ek en my ma begin giggel (o ja, ons giggel as ons baie senuagtig raak!) toe die kasregisters gesluit word en elke liewe personeellid wat daardie dag opgedaag het vir werk, trollies by die winkel begin uitstoot. Die sekuriteitswag het die deure van die winkel gesluit en ook gehelp stoot.

By die kar aangekom, het ons uitgebars van die lag! ‘n Man wat naby geparkeer was het verby geloop, omgedraai en weer verby geloop, en weer. Hy klop my aan my skouer en vra hoe beplan ons om al hierdie in die kar te kry? Ons boervrouens kan nie net voer en pype laai nie, ons kan enige iets laai!!

Wel ons het met die hulp van die Volpes personeel omtrent alles in daardie Prado gekry. Ek het vir my ma gesê al sit ons vandag op die goed, die goed kom in!! Ons het baie hoog gesit daardie dag en ons moes so 2 trollies kussings agter laat en dit saam met die winterskomberse wat ons by ‘n ander handelaar gekoop het ‘n volgende keer gaan optel.

Dit was die dag, toe ‘n geel perske dit reg gekry het om ‘n groot kettingwinkel tot stilstand te bring.

2 Comments

  1. Pingback: Ribbokkloof Lodge

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post comment