As ek moeg word vir die lewe in die stad….raak dan Bossies!!

Screenshot 20181010 115400

As ek moeg word vir die lewe in die stad….raak dan Bossies!!

0

Soms kry mens mos daai gevoel van alles irriteer en pla jou en jy is gedurig opgestress oor alles.  Dis dan wanneer jy moet bossies raak en ‘n draai by die natuur sielkundige gaan maak.  “The best shrink is nature”  Ek bring my rugsak in gereedheid, en trek my stapskoene nader.

Wat is lekkerder as vroegoggend in die bos. Alles is nog vars na die nag se dou. Dit klink selfs of die voëls vroliker is. Ek pak my Bottel tee, oros koeldrank, toebroodjies en ekstra toebroodjies vir die honde. Selfs die honde is opgewonde as hulle my rugsak en stapskoene sien. Het julle al gesien hoe uitgelate raak honde as hulle weet hulle gaan stap.  Dis wat die natuur aan mens en dier doen opgewonde en uitgelate.  As ek bo-op die koppie kom en afkyk in die kloof dan voel ek hoe vloei die stress weg.  Ek daal vanoggend af na die wandelroete langs die stroompie. Ek betree ‘n donker bos vol geheime. Ek word sommer dadelik rustig en kalm  Ek hoor die gekraak van die takke in die wind ver bo my kop.  Die klein watervalletjie wag vir my, ek stop en haal my bottel tee uit.  Ek drink my tee terwyl ek die betowerende geluid van  die Waterval hoor. Die honde laat nie op hulle wag nie, in by die poeletjie, swem en drink dorstig aan die koel skoon bergwater.

Ons gaan verder al langs die stroompie so nou en dan ‘n “river crossing”, in die verte hoor ek die spookvoel roep.  Die hadidas raas hard hier bo my kop, maar in die bos is dit musiek.  Hier het jy nie oorfone nodig met raserige doef doef musiek nie. Vinke kwetter en raas met mekaar. Die wyfies is weer vanoggend erg beneuk, sien net grassies waai soos hulle die neste uitmekaar pluk. (gaan kyk gerus na al die voëls warmee ons spog!  Voellys

Uiteindelik die groot Waterval. Ek sit my rugsak neer en pak my piekniek uit. (As jy nie self padkos wil inpak nie, kan jy ‘n piekniek mandjie bestel by The Oven) Die honde weet goed hulle gaan ook iets kry, staan ordentlik nader vir hulle toebroodjies. Nadat die honde geeet het, gaan swem hulle in die poel en drink gulsig aan die soet koue water.

Ek sit met my rug teen ‘n boom en drink die bosgeluide en stilte in. Ek haal my boek uit.  Natuurmense is ook boekmense, dit word selde geskei.  Waar kry mens ‘n beter bib as hier, net hier langs die Waterval op ‘n wandelroete.  Ek lees en voel of ek verewig net hier kan bly.

Dan tref die werklikheid my ek moet oppak en teruggaan na my daaglikse bestaan.

“Returning home is the most difficult part of hiking; You have grown outside the puzzle and your piece no longer fits”  

Maar…..darem een vertroosting:

“If you truly love nature, you will find beauty everywhere”

Kom kry jou siel en kalmte terug op Ribbokkloof se Greenflag geakrediteerde staproetes.

 

Baie dankie, Elize Maree, die vriendelike stem in die Ribbokkloof kantoor vir hierdie stuk…. dit maak my, sommer baie lus om te stap!!

  • DSC_0669 (1)

    DSC_0669 (1)

  • blog1

    blog1

  • 20180324_103436 (1)

    20180324_103436 (1)

  • Screenshot_20181010-115400

    Screenshot_20181010-115400

  • 43879201_2206612756075455_4600556078831239168_n

    43879201_2206612756075455_4600556078831239168_n

About the Author

Riekie PretoriusMy life consists of African Bushveld, Bushveld fires and cattle, I also enjoy the finer things in life.View all posts by Riekie Pretorius →

Leave a Reply

css.php /* ]]> */