Wanneer ek terug dink aan die 1ste paar maande van 2019 dan staan daar1 ding soos ‘n paal bo water: Die strooitjie debakel en die anti-plastiek beweging. Om dit alles te beklemtoon het ek 2 aktiviste ontmoet wat mens nogal inspireer. Liza Roux het as gaskrywer vir Ribbokkloof opgetree ‘n rukkie terug in die artikel, Groen, groener groenste. Die ander vrou is Juliet van Vilanculos waar sy onder andere ‘n groep jeugdiges gemotiveer het om die strande skoon te maak en nou het werklose mense ‘n lekker inkomste.Lees meer oor Parco.  Die toeriste en Lodge bestuurders is natuurlik tog te dankbaar vir hierdie initiatief.

Dit het my so bietjie laat dink aan die trou-bedryf. Ek weet almal draai sente om en om, so om na eko-vriendelike alternatiewe te soek is gewoonlik nie ‘n prioriteit nie… maar wat as dit juis jou troue meer sakpas gaan maak?

‘n Kykie na ‘n groener onthaal

Ek het dit baie geniet om so bietjie uit ‘n ander oog te kyk na idees vir troues. ‘n Mens kyk so vas in besparing, mooi, wat in die mode is, wat populer is… Dit was nogal opvallend dat meeste van die groen idees die goedkoper idee is.

‘n Groener Venue

‘n Venue dek nie net die tafel vir jou troue se atmosfeer nie, nee dit is seker ook een van die grootste uitgawes van jou onthaal en ook die grootste besluit. Ek wil mal raak as ek net dink aan al die energie wat venue’s gebruik en ook al die afval. Dus is jou grootste ekonomiese element ook die enkele item wat die grootste impak op die natuur kan maak.

‘n Maklike manier om jou energie voetspoor te verminder, is om na venue’s te kyk wat opelug onthale aanbied. Deur optimaal gebruik te maak van natuurlike sonlig hoef jy jou ook nie oor beurtkrag te bekommer nie.

Piekniek onthale lyk na so ‘n lekker geleentheid, maar ons Suid Afrikaners hou nou maar eenmaal van dans, so ‘n middag-aand seremonie bly maar steeds die gewildste.

Die Uitnodiging en ander papier produkte

Wanneer julle op ‘n venue besluit het, is die volgende stap Uitnodigings… ‘n Uitnodiging is die eerste indrukke wat gaste van jou troue kry, dus as jy ‘n groen “statement” wil maak is dit nou jou kans!

Miljoene bome word jaarliks afgekap vir papier produkte en ander by-produkte. Alhoewel dit altyd aanbeveel sal word om ‘n uitnodigings kaartjie uit te gee, is daar ‘n paar oulike idees om papierloos inligting aan jou gaste oor te dra. My gunsteling is natuurlik ‘n trou-webwerf of blog. Die bruidspaar kan dan sommer hulle fotos na die tyd op die webwerf plaas en so hulle spesiale dag deel met vriende en familie.

‘n Ander gunsteling is herwinde papier wat blomsaadjies bevat. Gaste kan die uitnodigings, menu’s en al die ander papier produkte wat tydendie onthaal gebruik word, plant en dan blomme of groente geniet. Dit is nie net goed vir die omgewing nie, dit is sommer gesonder vir jou gaste. Ek is gaande oor Growing Paper se produkte

‘n Kykie na groener dekor

Wat kan nou groener as blomme wees? Wel, deur ‘n paar dinge anders te doen met die blomme, kan jy heelwat druk van Moeder Natuur afneem.

Maak gebruik van blomme wat in seisoen is en ook van blomme wat plaaslik beskikbaar is. (Ons ken toevallig ‘n paar plaaslike verskaffers) Blomme wat plaaslik gekoop word, word nie in koelkamers gehou nie en word ook nie honderde kilometers aangery nie. Net daar is al klaar ‘n groot besparing vir die natuur en ook vir jou sak.

Ribbokkloof hou van Uniek en ons hou van tuin maak!! ‘n Oulike idee is om van blomme en plante in potte gebruik te maak.  Versierings en sommer plante vir jou tuin!! Dit werk vir my mooi!

Die troukar

Waarom nie gebruik maak van ‘n perdekar nie? Romanties in alle vorms!!!

‘n Friesperd met ‘n Spaider

Die Spyskaart

Ons sal altyd ‘n voorstaander wees om plaaslike verskaffers vir die bestandele van disse wees. Die Plaas-na tafel beweging pas so perfek in ons kraal… Marietjie se Voerkraal!

Geskenkies

Ek is so bly die dae van ‘n toegedraaide blokkie troukoek en pepperminte in ‘n sakkie is verby! Daar is soveel unieke, sakpas geskenkies om op die tafels te sit, al is jy nie die “self-doen” tipe nie

Dit is nie nuwe nuus dat bruidspare potplantjies saam huis toe stuur as bedanking nie, maar dit hoef nooit vervelig te raak nie. In plaas van die algemene en populere vetplante, wat van kruie, ‘n kersie tamatie of ‘n spekboompie?

Plante is ook nie die alfa en die omega nie, nog ‘n paar oulike idees is heel granate, koffie bone  of jou gunsteling spesirye in ‘n mooi houer, gemengde sout, tuisgemaakte produkte soos koekies, Chilli sous of konfeit en vir die meer gewaagde keuse lekker Geel perske Mampoer. Die opsies is legio!!

As mens eers begin met groen idees kan mens nie ophou nie!! Lekker beplan!!

Check out other posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post comment